← Terug na die publikasies
…en daar was Dagga
Boek

…en daar was Dagga

Uitgewer: Naledi Taal: Afrikaans

Die daggaplant (Cannabis sativa)  word al vir duisende jare gebruik. Dit is, inderdaad, ’n baie nuttige plant om materiaal en toue mee te vervaardig. Dit is egter die bekendste vir die psigotropiese effekte van dagga se aktiewe bestanddeel, tetrahidrokannabinol (THC).
Die antwoord op die vraag of dagga verslawend is, is nog nie heeltemaal duidelik nie. Baie navorsing word gedoen om korrekte en interessante inligting vir gebruikers, hul naasbestaandes, handelaars en almal wat oor dagga wonder, beskikbaar te stel.
Hierdie handleiding bring die leser op datum met alles wat ons weet aangaande dagga. Slegs wanneer al die feite op die tafel is, is dit sinvol om ’n opinie aangaande hierdie wonderlike plant te waag.

VerwysingHeinz Mödler. …en daar was Dagga. Naledi.
← Terug na die publikasies